Komediant

Charlie Chaplin in die film The Champion, 1915

'n Komediant is 'n persoon wat poog om 'n gehoor te vermaak deur hulle te laat lag. Dit kan wees deur middel van grappe of om amusante situasies uit te lig, om laf op te tree of om gebruik te maak van komiese bykomstighede.

'n Gewilde gesegde deur Ed Wynn :"'n Strokiesprent sê snaakse dinge; 'n komediant sê dinge snaaks"[1], tref 'n onderskeid tussen hoeveel van die komedie toegeskryf kan word aan die verbale inhoud en hoeveel aan die toneelspel en persona van die komediant.

Sedert die 1980's het 'n nuwe gewilde komedie begin groei, die sogenaamde alternatiewe komedie - met 'n meer eksperimentele styl. Dit behels normaalweg meer ervarings en waarnemings waaroor die komediant verslag doen, bv. Alexei Sayle, Daniel Tosh en Malcolm Hardee. Komediante soos Tommy Tiernan, Des Biskop, Kevin Hart en Joan Rivers het hul persoonlike agtergronde geskets en die spot met hulself gedryf, terwyl ander soos Jon Stewart, en Ben Elton baie sterk politiese en kulturele ondertone na vore gebring het.

Baie komediante het 'n kultus volgeling gehad, soos wat hulle na al die bekende komedie-sametrekke gereis het, onder meer die Just for Laughs-fees in Montreal, die Edinburgh Fringe en die Melbourne Komediefees in Australië.

Gewoonlik verander 'n komediant se loopbaan merkwaardig sodra hy/sy 'n noemenswaardige toekenning gewen het. Komediante beweeg ook soms na ander areas van vermaak soos film en televisie, waar hulle wyer bekend word, soos in die geval met Eddie Izzard en Ricky Gervais. Hoewel 'n komediant se suksesvolle loopbaan nie noodwendig 'n film se sukses kan waarborg nie.

  1. "Simpson's Contemporary Quotations, 1988". Bartleby.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2009. Besoek op 1 April 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search